Eerste blog

Z52B4159

Hallo almal, dis so lekker om uiteindelik vir julle te skryf ! Ek wil net eerstens baie dankie se aan die Here vir al die geopende deure wat Hy voorsien het. Dit was ‘n lang en moeilike pad maar ook defnitief die moeite werd !

Sooo….. Ja my naam is Hanna Boss en ek sing al seker van voor ek kan praat. My ma het altyd vertel dat toe ek nog dummy gesuig het, het ek al die liedjies wat my sus op die klavier gespeel het geneurie in die winkels.  So ek veronderstel dit het seker maar alreeds daar begin.  Ek het in ‘n baie musikale huis groot geword met my pa wat altyd vir ons orrel gespeel het en my sus wat omtrent enige instrument kan speel waarop sy haar hande kan kry.  En ek het maar ingeval met die vocals !

Ek het vir baie lank nie regtig kans gesien vir die musiek industrie nie, en het maar in ‘n heel ander rigting inbeweeg, maar ek het sommer gou agtergekom dat jy nie van jouself kan weg hardloop nie en ek het musiek ontsaglik baie gemis terwyl ek geswot het.  Na al die swottings het ek net nog ‘n groter passie gehad om te sing, te skryf en op te tree en ek het begin om hierdie onmoontlike droom na te jaag.

Klassieke sanglesse het my hele uitkyk op musiek in so baie maniere verryk.  Ek het nuwe areas van my stem ontdek en ‘n heel nuwe musiek jaendre ontdek waarvan ek niks van geweet het nie.

So dis maar ek in ‘n neute dop!

Hou my maar dop in die pers.  Ek dink julle gaan baie hou van die liedjies wat sommer binnekort vrygestel word !!

Groete en liefdie
Hanna B

1 Comment

Antwoord

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s