Meer oor Hanna

Hanna Boss Photoshoot 1

Hanna Boss is ‘n vars nuwe stem in die Afrikaanse musiek bedryf en alhoewel sy ‘n nuweling is tot die musiek bedryf, is musiek geensins ‘n nuweling in haar lewe nie.  Sy sing al vandat sy 3 jaar oud is en was na ‘n musiek skool in Nashville wat haar finaal oorreed het om ‘n loopbaan in die musiek bedryf te volg. Sy neem vir die afgelope 4 jaar al klassieke sanglesse by die bekroonde opera sangeres Mauri Mostert.

Hanna het groot planne vir die toekoms en haar lang verwagte debuut album Verf Jouself is alreeds vrygestel.  So hou die pers fyn dop want Hanna sal dit binnekort aankondig !